Ontmoet Dr Etienne Pitout

Ek het as vierde jaar tandheelkunde student al my liefde vir ortodonsie ontdek. Nadat ek in 2001 as tandarts gekwalifiseer het, het ek vir veertien jaar my droom nagejaag om my eie ortodonsie praktyk in die pragtige Boland te kan open. In 2015 het die droom uiteindelik waar geword.

As gekwalifiseerde spesialis-ortodontis is dit vir my ‘n ongelooflike voorreg om daagliks te kan beleef hoe die behandeling wat ek bied pasiente se lewens raak deur hulle selfbeeld, selfvertroue en lewenslus te bou.

En die span

Andeli Broodryk

Ek is ‘n gebore Bolander en geniet dit om te help om die wonderlike mense in hierdie pragtige omgewing se glimlagte mooi te maak. Ek stel hoë werkstandaarde aan myself en geniet dit om geassosieer te wees met ‘n praktyk wat hoogstaande professionele dienste lewer en uitnemendheid najaag. Klientetevredenheid en dienslewering is my passie en ek wil graag help om jou behandeling by ons praktyk ‘n vreugdevolle tyd te maak.

Lucinda Larkin

Jou droom glimlag is my passie. Mondhigiëne is van uiterste belang in ortodontiese behandeling. As mondhigiënis werk ek graag saam met ons pasiënte om hulle monde so te versorg dat ons die pragtige resultate kry wat hulle selfbeeld bou. Ek sien uit daarna om jou gids te wees op die pad na asemrowende glimlag.

Yolandi Engelbrecht

Tydens my studies as mondhigiënis het ek diep onder die indruk gekom wat ‘n groot rol mondhigiëne speel in ons daaglikse lewe.

As gekwalifiseerde mondhigiënis voeg ek verdere fasette tot die dienslewering van die praktyk se span. Nie net word jou glimlag in ‘n kunswerk omskep nie, maar beywer ek my om terselfdertyd gesonde mondhigiëne te bevorder en aan te moedig. Dit is nie net noodsaaklik tydens die ortodontiese behandeling nie, maar ook vir die res van jou lewe.