Kontak Ons

021 871 1242

Besoek Ons

Skoolstraat 3b, Paarl, Wes Kaap

Jou glimlag is jou kenteken!

By Pitout ortodonsie werk ‘n vriendelike toegewyde span, toegerus met die nuutste tegnologiese vooruitgang en vaardigheid om jou glimlag in ‘n kunswerk te omskep wat ‘n blywende indruk laat.

Korrekte kaak en tand verhoudings lei tot optimale groei van die gesig met ‘n gebalanseerde lip en gesigs profiel wat tot ‘n aantrekliker voorkoms kan lei.

Verminder voorkoms bewustheid gedurende kritiese ontwikkelings jare, en moontlike verbeterde selfbeeld en interpersoonlike vaardighede en effektiwiteit

Die tandvleis is minder geneig tot infeksie en ontsteking wat kan lei tot tandverlies, omdat daar minder moeilike hoekies en gleufies is om te borsel.

Die korrekte kaakverhoudings verminder stres op tande, kaakspiere, kaakgewrigte en die ondersteunende been en tandvleis. Die tande verweer minder as hulle korrek in mekaar byt

‘n Verlaagde risiko van besering aan prominente voortande

Ortodonsie is nie meer net vir tieners nie. Die voordele wat ortodonsie bied kan vir volwassenes ook lewensveranderend wees. Ons sien uit om jou te ontmoet en te bespreek wat ons jou kan bied.

Skakel Ons Vandag